fbpx
Skip to content Skip to footer

Die eerste konferensie in die Oos-Kaap

 Datum en tyd:
Vrydag 15 Oktober 2021 – 10h00 tot 15h00

Plek:
NG Kerk Algoapark (dolerend)
St Leonardsweg 26, Gqheberha (PE)
Vir die aanwysings via Google Maps KLIEK HIER

Hoe het hierdie konferensie ontstaan?
Die Oos-Kaap Konferensie is gebore en word gereel deur bekommerde NG lidmate en ampsdraers van die Oos-Kaap. Kairos Netwerk, wat netwerk-koördinering en fasilitering doen tussen NG gemeentes en gemeentelede in Suid-Afrika en Namibië, verleen ondersteuning in hierdie proses.

Die aard van die konferensie:
Dit gaan ‘n gespreksgeleenthied wees waar daar saam gesels gaan word oor die huidige probleme in die NG-kerk en die pad vorentoe. 
Almal gaan saam middagete geniet.

Koste:
Daar is nie ‘n inskrywingsfooi nie. Vrywillige offergawes sal opgeneem vir die verversings, reiskostes sprekers, drukwerk ens.

Registrasie:
Om te registreer vir bywoning, of om die lewendige uitsending via Internet te kyk, vul asb die vorm hieronder in en kliek dan heel onder op “submit”.

Kairos Netwerk © 2024. Alle regte voorbehou