fbpx
Skip to content

Kairos Netwerk konferensie : GOUDLAND

REWOLUSIE OF REFORMASIE ?

• Is Kairos en behoudende lidmate van die NG-kerk besig met ‘n rewolusie wat die kerk wil skeur, of is dit ‘n reformasie wat die kerk van binne roep om die Bybel weer te erken as die Woord van God ?

• Wonder jy: Waaroor al die bohaai, veral oor Teologiese Opleiding, as ons dominees dan so mooi preek?

• Dink jy dat jou gemeente maar net kan voortgaan met kerkwees, sonder dat die besluite van die Algemene Sinode jou gemeente in die toekoms gaan affekteer?

• Hoe lyk die pad vorentoe vir die NG Kerk?

Die GOUDLAND konferensie was gehou op die 19e November 2021 by die Vaalrivier Gemeente, Vanderbijlpark.

Die video-opname(s) is nou GRATIS beskikbaar. Almal wat reeds geregistreer het, het ‘n epos kry met ‘n skakel na die video-opname(s).

Indien jy ook die video-opname(s) van hierdie konferensie wil sien maar nog NIE geregistreer het nie, doen dit sommer nou deur die vorm hieronder in te vul en te stuur.

.

English English Afrikaans Afrikaans